Youcef Nadarkhani, 'n pa van twee en 'n Iraanse pastoor is in Oktober 2009 gearresteer nadat hy beswaar gemaak het teen die onderrig van Islam aan Christenkinders in skole en hy is sedertdien in die tronk aangehou en ter dood veroordeel vir afvalligheid - al is dit nie 'n misdaad ingevolge die land se strafkode. Sy vrou Fatemeh Passandideh is in Junie 2010 gearresteer en tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Maar prys die Here sy is in Oktober op appèl vrygelaat. Youcef is uit Moslem-ouers gebore en het geen godsdiens aanvaar voordat hy 'n Christen geword het op die ouderdom van 19 nie. Sy saak word gesien as deel van 'n groeiende veldtog teen Christene wat betrokke is by die huiskerkbeweging in Iran. Die pastoor sal die eerste persoon in 20 jaar word wat vir afvalligheid in Iran tereggestel word, tensy die vonnis omvergewerp word.
Bid: dat die internasionale gemeenskap druk op die Iraanse regbank sal uitoefen om sy eie wet te handhaaf en Youcef vry te maak. (Ps.36:6)
Meer: https://barnabasfund.org/UK/News/News-analysis/Pastor-facing-death-sentence-in-Iran.html