Iran se pre-Islamitiese godsdiensgroepe – Zoroastriërs, Christene en Jode – word in die grondwet erken as 'beskermde' godsdienstige minderhede. Maar volgens die Amerikaanse staatsdepartement se jongste verslag, 'het die regering se respek vir godsdiensvryheid in die land aanhou versleg'. Na raming is 300 000 mense in Iran Christene. Die International Campaign for Human Rights in Iran het 'n appèl aangeteken ter ondersteuning van Youcef Nadarkhani wat van afvalligheid aangekla is en sy prokureur het 'n beswaar teen die vonnis by die hooggeregshof ingedien. "Om iemand tereg te stel op grond van die godsdiens wat hulle kies om te beoefen of nie te beoefen nie, is die uiteindelike vorm van godsdiensdiskriminasie en miskenning van die vryheid van gewete en geloof," het Aaron Rhodes, 'n woordvoerder van die veldtog, gesê. Rhodes het aangevoer 'daar is geen artikels in Iran se Islamitiese Strafwet wat na afvalligheid as 'n misdaad verwys nie.'
Bid: dat Iran binne sy eie wetlike raamwerk sal bly en dat Youcef onmiddellik vrygelaat word. (Spr.3:13)
Meer: http://au.christiantoday.com/article/iran-high-court-urged-to-reverse-death-sentence-for-christian/9742.htm