Iran: Vier gebedsbehoeftes

1) Iranse vlootvaartuie het Dinsdag die Suez-kanaal gevaar op pad na Sirië, die eerste keer in drie dekades dat Teheran toegelaat is om militêre skepe deur hierdie strategiese waterweg te stuur. Eerste Minister Benjamin Netanyahu het die stap 'met erns' beskou. Die skepe het volgens 'n Maritieme agent sowat $300 000 aan fooie vir die deurgang betaal. Sien: 2) Na twee dae van gewelddadige straatbetogings in een week, het Iran se opposisie Green Movement gesê dat hy sy volgende stap oordink en 'n voortsetting van straatprotes oorweeg, volgens opposisiewebwerwe. Webwerwe is sedertdien gesluit. 3) Opposisieleiers Mir Hossein Mousavi en Mehdi Karoubi is al meer as 'n week onder huisarres met min kommunikasie met die buitewêreld. Sien: 4) Baie Christene wat vir hul geloof in die tronk is, het ons gebede nodig vir God se voorsiening, en huiskerke in Iran het baie wysheid nodig in hierdie tyd. Sien: Bid: vir God se krag en gesag om al Teheran se groeiende strategiese horisonne te oorheers. (Spr.10:29-30)

Meer: http://www.unitedagainstnucleariran.com/node?sid=21191