Die verblyfplek van 'n evangeliese pastoor in Iran het Saterdag 27 Augustus onbekend gebly, sowat 10 dae nadat hy deur Iraanse veiligheidsmagte aangehou is as deel van 'n gerapporteerde regering se onderdrukking van Christen-bekeerlinge, het BosNewsLife vasgestel. Abdolreza 'Matthias' Haghnejad, van die Evangeliese Kerk van Iran denominasie, is op 17 Augustus deur Iranse owerhede in die noordelike stad Rasht gearresteer terwyl hy 'n pastorale besoek afgelê het, volgens Iranse Christene en menseregte-ondersoekers. Pastoor Haghnejad, van die nabygeleë hawestad Bandar-e Anzali, kon nie sy familie kontak nie en "daar word geglo dat hy aangehou word sonder toegang tot 'n prokureur," het die voorspraakgroep Christian Solidarity Worldwide gesê. Hierdie jaar is die pastoor ook saam met tien ander lede van sy denominasie aangehou op aanklag van 'aktiwiteite teen die orde', maar hy is later vrygelaat.
Bid: vir die hele nasie van Iran en die baie individue wat deur die owerhede aangehou word, dat God met Sy vryheid en genade sal deurbreek. (Luk.4:18)
Meer: http://www.bosnewslife.com/17976-iran-detains-evangelical-pastor-whereabouts-unknown