Volgens ww.presenttruthmn.com is die amptelike doodsvonnis nou skriftelik aan Pastoor Youcef Nadarkhani gelewer, wat verklaar dat hy vir die misdaad van afvalligheid gehang gaan word. Daar is 20 dae om teen die uitspraak te appelleer, en Youcef se prokureur begin nou met die proses van die appèl. Die gebedslaste rondom hierdie ontwikkeling is baie, - dat God hom vrede sal gee in hierdie uur, dat God namens hom sal beweeg en dat hy verlos sal word! Bid ook vir sy vrou en kinders in hierdie uiters moeilike tyd; 'n Woordvoerder van Truth Ministries het gesê: 'Ons vertrou ons groot Here om haar die vrede te gee wat slegs van die Ware Trooster kom.'
Bid: dat Pastoor Youcef en ander Christene in die tronk dat hulle geloof daagliks versterk sal word. (Jak. 5:16)