Iran: Misdade teen die Islamitiese bestel

Verlede week is vyf lede van die Kerk van Iran tot een jaar tronkstraf gevonnis vir 'Misdade teen die Islamitiese Orde'. Hulle het 20 dae om te appelleer. Die vyf het agt maande in die Shiraz-gevangenis deurgebring vir afvalligheid, politieke vergaderings, godslastering en misdade teen die Islamitiese Orde. Vier aanklagte is teruggetrek en hulle is verlede maand op borg vrygelaat. Die meeste van die groep is al vir 'n aantal jare in siklusse van 'aanhouding en vrylating' deur die owerhede en sommige het ernstige vlakke van marteling tydens vorige aanhoudings gely. Pastoor Sadegh-Khanjani is in die tydperk tussen sy inhegtenisneming en einde November in eensame aanhouding aangehou, het slegs een keer toegang tot sy prokureur gekry en is ongesteld weens onhigiëniese toestande en slae. Pastoor Sadegh-Khanjani van Teheran is drie keer in vier jaar weens sy geloof in hegtenis geneem.

Bid: God se teenwoordigheid sal Iran se vervolgde Christene omring en dat Hy besluite sal beïnvloed wat oor hulle toekoms geneem word. (Ps.140:12)

Meer: http://dynamic.csw.org.uk/article.asp?t=press&id=1126&search =