Iran: Konserwatiewes plaas druk op Ahmadinejad

Verlede maand het president Mahmoud Ahmadinejad openbare pligte vir agt dae lank geboikot nadat opperleier Khamenei sy afdanking van die minister van intelligensie ('n bondgenoot van die opperleier) veto uitgespreek het. Die botsing oor die beheer van die ministerie van intelligensie het konserwatiewe terugslae teen die president ontketen wat min tekens toon van afname. Ingevolge Iranse wetgewing het die president die reg om ministers te ontslaan. Maar Khamenei is Iran se uiteindelike magsheer. Konserwatiewe parlementslede het Ahmadinejad gewaarsku hy kan vervolging in die gesig staar as hy weier om Khamenei te gehoorsaam. Die stemme van minstens een derde van die parlement se 290 wetgewers word vereis vir afsetting van die president. Die hoof van die Revolusionêre Wag (wat direk aan die opperleier rapporteer) het gewaarsku: 'Sekere mense binne die regime het die waardes van rewolusie vergeet en probeer om Islam verkeerd voor te stel. Mense volg nie demone of djinne nie, en sal nie sulke afwykings duld nie.' Die konserwatiewe parlement het die regering die afgelope maande gereeld teëgestaan en 'n petisie geloods waarin geëis word dat Ahmadinejad voor die parlement moet kom om sy gedrag te verduidelik.

Bid: vir 'n Heilige Gees ontwaking en geestelike rewolusie oor en regdeur Iran. (Ep.5:14)

Meer: http://www.google.com/hostednews/afp/article/ALeqM5jvXR-qoojr6Ri7WI1FxaWt89TzKg?docId=CNG.d35533ac07b1a827181c7f781b528500.681