’n Iranse hooggeregshof het die tronkstraf van vier Christene bekragtig omdat hulle hulle tot die geloof van Islam bekeer het. Die besluit beteken pastoor Farhad Sabokrooh, van die Iranse Assemblies of God, sy vrou Shahnaz Jayzan, en kerkwerkers NaserZaman-Dezfuli en Davoud Alijani moes terugkeer tronk toe. Hulle is in Desember 2011 gearresteer nadat hul kerk in die suidelike dorp Ahwaz tydens Kersfeesvieringe deur owerhede oorval is. Hulle is tot een jaar tronkstraf gevonnis omdat hulle 'tot die Christendom bekeer en deur evangelisasie teen die Islamitiese regime gepropageer het'. Hulle is tydelik vrygelaat, maar is op 1 Mei na die hof gedagvaar en weer in hegtenis geneem. Christian Solidarity Worldwide het sedert verlede Desember 'n onderdrukking van Christene waargeneem. Twee ander AoG-leraars, Farshid Fathi en Saeed Abedini, word in die Evin-gevangenis aangehou saam met Alireza Seyyedian, lid van die Kerk van Iran, en Mostafa Bordbar, wat in Desember in Teheran gearresteer is.
Bid: vir hierdie en die vele ander wat tronk toe gestuur is omdat hulle hul reg uitgeoefen het om hul godsdiens te verander en Christus privaat en in gemeenskap met ander te volg. (in stryd met die Internasionale Verdrag oor Burgerlike en Politieke Regte wat Iran verplig is om te handhaaf). (Ps.142:6-7)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/christians.returned.to.jail.in.iran/32448.htm