Iran: Christene word selfs in die kuberruimte vervolg

Wat afgelei kan word uit toenemende kuberaanvalle op Mohabat News-webwerf, is die doeltreffendheid daarvan om nuus en invloed oor die Iranse gemeenskap te versprei. Dit blyk egter dat saam met die ontwikkeling van tegnologie, Christelike vervolging, veral die vervolging van Iranse Christene deur die Islamitiese regime van Iran en Islamiete, 'n nuwe gestalte en vorm aangeneem het, berig die Iraanse Christelike nuusagentskap, Mohabat News. Mohabat News is 'n sleutelstem van die Farsi-sprekende Christelike gemeenskap, wat op 9 Desember 2010 van stapel gestuur is met die primêre doel om nuus oor Christene regoor die wêreld in beide Farsi en Engels te versprei. Die webwerf is egter twee maande nadat dit bekend gestel is deur die Islamitiese regime se veiligheidsbeamptes geblokkeer. Sedertdien is baie pogings aangewend om Mhabat News stil te maak, drie van hierdie pogings deur die kuberdienstepersoneel van die Islamitiese Republiek.

Bid: dat die stem vir Farsi-sprekende Christene nie stilgemaak sal word nie maar vrygemaak sal word. (1Kor.2:13)

Meer: http://www.christiantelegraph.com/issue17616.html