Iran bestee groot bedrae geld om die Christendom wat onder Iranse jeug versprei, teë te werk en te verwar. Haghighat-e-sabz-e-Gilan is gevorm om 'godsdienstige leringe oor beide Islam en Christendom te identifiseer' en om 'reaksie op godsdienstige vrae te wees'. Die kantoor van Kultuur en Islamitiese Leiding van die Gilan-provinsie se besorgdheid oor die jeug het gelei tot 'n reeks konferensies 'Die reis van Christendom na Islam' met toesprake deur bekeerlinge van Christenskap na Islam. Hulle stig ook 'n Islamitiese internetradiostasie genaamd 'Stem van Christus' met die doel om Christus se naam bedrieglik te gebruik om teen die Christendom te veg. Die stasie sal vrae oor Christenskap beantwoord en teiken Farsi-sprekende lande van Iran, Afghanistan en Tadjikistan. Die programme sal in die Gilaki-dialek (dialek van die mense van Gilan) en die Taleshi-dialek (die plaaslike taal van die mense in die noordweste van Iran) uitgesaai word.
Bid: dat nie een Gilaki-, Taleshi- of Farsi-sprekende soeker mislei sal word nie en dat soekers die waarheid deur Christelike uitsendings sal hoor. (Ps.119:17-19)