Print this page

Iran en Nigerië: Kerke ly steeds

Kerke wat in Iran en Nigerië bedien, ervaar toenemende vlakke van vervolging deur owerhede en ekstremiste wat probeer om die Christendom uit te roei. Assembly of God in Teheran het sy somerkampterrein gesluit en is gewaarsku teen ernstige gevolge sou iemand probeer om in te gaan. Ook Vrydag Farsi Taaldienste en Bybelklasse is gesluit. AG Eurasia Streeksdirekteur het gesê: 'Die toenemende druk wat onlangs op kerke in Iran geplaas is, is 'n rede tot groot kommer. Ons doen alles wat ons kan om hulle te help, maar hulle het die meeste van alles God se ingryping nodig.' In Nigerië eis ekstremiste die aanvaarding en toepassing van Sharia-wetgewing en die vestiging van 'n nuwe Nigerië onder daardie wette. Dorpe, kerke, regeringsinstellings en skole (veral Christelike skole) word gewelddadig aangeval. Central Assemblies of God het vanjaar meer as 25 kerke verloor, met baie lidmate wat vir hul lewens gevlug het.

Bid: vir die lydende kerk regoor die wêreld en veral vir Iran en Nigerië wat so 'n duur prys vir hul geloof betaal. (Ps.68:28)

Meer: http://www.assistnews.net/Stories/2012/s12070143.htm