Geopende Deure berig die algemene verkiesing op 4 Maart in Kenia is die eerste onder 'n nuwe grondwet met baie nuwe elektiewe en benoemingsposte. Histories gewelddadige uitbrake volg op verkiesings. 1 000+ het in 2007 na-verkiesingsgeweld gesterf. Politieke onstabiliteit, gekombineer met Al-Sjabaab-invloede, blaas toenemende kommer oor die toekomstige godsdienstige atmosfeer aan. Die Moslem-minderheid het druk op die regering uitgeoefen om groter amptelike invloed vir Islam toe te laat. Islamitiese gesinshowe gebaseer op Sharia-wetgewing word in alle provinsies geïmplementeer - selfs dié met 'n lae Moslem-teenwoordigheid. Daar word gevrees dat tien van die provinsies met 'n hoë Moslem-verteenwoordiging kan wegbreek van die land en aandring op die implementering van Sharia-wetgewing. Intussen sal kiesers in Ciprus (suidelike gebied) hierdie Sondag 'n nuwe president kies. Hy sal 'n finansiële redding moet beding om staatsbankrotskap te voorkom wat die skuldkrisis in die eurosone weer kan laat ontstaan. (bron Voice of America nuus) Klik op die 'inligting'-knoppie vir datums en insigte in die 38 lande wat nog moet stem in 2013
Bid: dat Kenia in haar 50ste jaar sedert onafhanklikheid 'n jubileumseisoen sal geniet. (Lev.25:8-10) Vra God om in die detail van alle voorbereidings vir internasionale verkiesings hierdie jaar te wees. (Ps.33:9)
Inligting: http://www.site.prayer-alert.net/index.php?option=com_docman&task=doc_download&gid=432&Itemid=93