INSIG: Iran se rigtingverandering?

President Hassan Rouhani het Saterdag van Amerika teruggekeer en is op die lughawe in Teheran toegejuig deur sy ondersteuners wat hom geprys het omdat hy na president Obama uitgereik het. Dit is gevolg deur geharde betogers wat eiers en 'n skoen na hom gegooi het en die pad versper het deur op die sypaadjie te bid. Die voorval illustreer die spanning in Iran terwyl mnr. Rouhani probeer om die breuk tussen Iran en die Weste te herstel deur 'n geskiedkundige reis na die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York. Sien: Drie dae later het die Israeliese Eerste Minister die VN se Algemene Vergadering toegespreek en gesê dat die nuwe Iranse president 'n 'wolf in skaapsklere' is wat poog om die wêreld te mislei oor die land se kernprogram. Vir historiese gebeure en onlangse voorvalle om jou te help om van die wortels te onderskei wat Iran se houdings en waardes gevorm het, klik op die meer skakel vir hierdie week se INSIG-artikel. Bid: vir verandering in Iran, vir leiers om God se transformerende doelwitte vir die streek te aanvaar. Mag president Rouhani deur God gebruik word soos Kores, koning van Persië, gebruik en aangestel is in antieke tye om te bou en nie God se voorsiening af te breek nie. (2 Kron.36:23 & Dan.6:26) Meer: http://site.prayer-alert.net/index.php?option=com_docman&task=doc_download&gid=475&Itemid=93