Kim Jong-il, Noord-Koreaanse leier, se seun, Kim Jong-oen, is as 'n generaal en leier van die verdedigingskommissie aangestel te midde van gerugte dat hy die naweek by die 65ste herdenking van die stigting van die Werkersparty as opvolger gesalf word. Die Werkersparty het vir dekades nie vergader nie en waarnemers meen Kim Jong-il kan die familiedinastie sementeer. Die opvolging word fyn dopgehou vanweë die Noorde se kernprogram en vyandigheid met die Suide . Hierdie aankondiging is Kim Jong-oen se eerste vermelding in staatsmedia en herinner aan sy pa se opkoms tot prominensie in die 1970's. Hy word verhef tot 'n vierster-generaal sonder militêre ervaring. Sy ouer broer en halfbroer is blykbaar uitgesluit van die opvolging. Dinge is besig om te verander, 'n anonieme Geopende Deure-reisiger het berig dat hy toegelaat word om in die openbaar te bid en voel dat daar 'n bietjie meer ontspanning op geestelike vlak kan wees. Klik 'nfo' vir Noord-Korea INSIG ARTIKEL.
Bid: vir 'n volgehoue geestelike, fisiese en politieke wending van verborge duisternis na openlike vryheid. (Jes.42:16)
Inligting: http://www.prayer-alert.net/info/NorthKoreaPowerInsight1.pdf