INSIG-ARTIKEL: Pakistanse opdatering deur inheemse Christen

'Bekeer of sterf'. Masih Gill, 'n Christen van die stad Mardan, in die provinsie 'Khyber Pakhtunkhwa' Noord-Pakistan is met hierdie woorde gedreig deur 'n groep Moslems met wie hy gepraat het ná die onlangse episode van die verbranding van die Koran in die VSA . Sien Drie kerke is in een week deur Moslem-ekstremiste aangeval, en elf VN-wagte is op 1 April vermoor. Plaaslike bronne sê dat Masih Gill bloot sy geloof verdedig het en gesê het dat Christene alle godsdienste respekteer en nie vyandigheid teenoor enigiemand koester nie. Die Moslems het Gill toe gedreig. Hulle het ook gesê dat hulle hom by Pakistanse owerhede van godslastering sal aankla. Vir insig in die huidige situasie in Pakistan vir Christene, klik asseblief op die inligting-knoppie

Bid: dat God die Christene wat in Pakistan woon en werk sal ondersteun en versterk. (Jes.41:10)

Inligting: http://www.prayer-alert.net/info/Pakistansituation1.pdf