INSIG-ARTIKEL: Kenia: Die gevolge van die referendum

Na aanleiding van verlede week se INSIG-ARTIKEL dank ons God dat, afgesien van 'n paar voorvalle in die Skeurvallei, die referendumstemming verlede week vreedsaam was met geen geweld tussen stamme nie. Alhoewel 70% van diegene wat gestem het ten gunste van die Grondwet was, het net sowat 30% van die totale kiesers 'ja' gestem. Dit is waarskynlik dat baie nie die dokument gelees het nie en gestem het soos hul leiers hulle aangesê het. Die Nasionale Raad van Kerke van Kenia het gesê dat die 'ja'-stem nie hul bekommernisse tot niet maak nie en kanon Peter Karanja het die integriteit van die stemming betwyfel en gesê: 'Ons is hartseer oor die feit dat die voor-referendumproses gekenmerk is deur wanpraktyke en onreëlmatighede wat tot in die stem- en telfases voortgegaan het. Dit bevraagteken die geldigheid van die proses en die uitkoms daarvan.' 'n Opsomming van Keniaanse Christene se gebedsversoeke vir hul land is in hierdie week se Insigartikel, klik op die inligtingknoppie.

Bid: dat Kenia 'n simbool van hoop in Afrika sal wees en dat post-koloniale geweld nie 'n vesting oor die nasie sal word nie. (Ps.22:28-31)

Inligting: http://www.prayer-alert.net/info/HowtoprayforKenya2.pdf