Operation World state 70 persent van Japannese beweer geen persoonlike godsdiens nie, maar 'n meerderheid volg rituele van Boeddhisme of Shintoisme. Slegs 1,5 persent volg Christus. Ons kan bid dat God die klein kerkie in Japan in staat sal stel om uit te reik na die lydendes en 'n skynende lig te wees in die middel van die duisternis. Ons kan ook bid dat Sendelinge en Christelike organisasies wat na Japan gaan deur God gesalf sal word om Sy liefde en deernis te openbaar, sodat Japannese harte vir altyd verander sal word. Ons bid dat die baie wat 'n onsekere toekoms in die gesig staar, vertroosting by God sal soek en versterk en bemoedig sal word. Vir 'n opsomming van OMF-insigte oor profetiese voorbidding vir Japan, klik die 'inligting'-knoppie.
Bid: dat gelowiges 'n vrymoedige getuie in elke omstandighede sal wees, en dat God hierdie tragedie ten goede sal gebruik om baie in Sy Koninkryk in te lei in die dae wat voorlê. (Jes.63:8)
Inligting: http://www.prayer-alert.net/info/Japan3.pdf