Print this page

INSIG-ARTIKEL: G20-beraad

Terwyl Westerse ekonomieë aanhou ploeter, het die G20-vergadering in Cannes op 3 en 4 November epiese belangrikheid in die gedagtes van ekonome gekry. Iets moet daar gebeur, beweer Westerse politici, wat die weste, en veral Europa, uit sy huidige dooiepunt sal red. Baie sê 'die G20-beraad moet verby die weste kyk en aan die res dink' en 'G20-staatshoofde, betrek jouself uiteindelik teen honger in die wêreld', wat hierdie week op 'n Action Against Hunger-vaandel in Parys geskryf is. Ook word duisende anti-kapitalistiese betogers by die G20-beraad verwag ondanks Franse polisie se planne om die Italiaanse grens te sluit. 'n Onlangse New York Times-opskrif het gelui: 'Geen werk en geen idees' terwyl die Occupy Wall Street-betogings hul vierde week betree het. Klik op die INFO-knoppie hieronder vir 'n eenvoudige inleiding tot G20 en gebedspunte vir hierdie jaarberaad.

Bid: dat vanjaar se G20 sal verenig om geregtigheid en finansiële hulp vir kwesbare streke van die wêreld te implementeer. (Spr.31:8,9)

Inligting: http://site.prayer-alert.net/index.php?option=com_docman&task=doc_download&gid=345&Itemid=93