Print this page

INSIG-ARTIKEL: Vrymesselary se profiel word verhoog

Wêreldwyd is daar seker vyf miljoen Vrymesselaarslede. Die Adjunk Grootmeester van die Grootlosie van Ierland sê 'Ons het hoegenaamd niks om weg te steek nie. Die enigste geheimsinnige aspekte van Vrymesselary is die vorme van herkenning-wagwoorde en handdrukke - en dit dateer uit die vroegste dae.' http://www.independent.ie/lifestyle/inside-the-strange-and-secret-world-of-the-freemasons-2361887.html Vrymesselary se profiel in Ierland sal verhoog word met die borgskap van die land se voorste klassieke musiekkompetisies , Jong Musikant van die Jaar 2010. Die halfeindronde en finaal is op 14 en 16 Oktober in die Freemason's Hall, Dublin gehou. Hierdie week se INSIG-artikel beklemtoon die onversoenbaarheid van Vrymesselary en Christenskap.

Bid: dat God geestelike blindheid oor Sy mense sal verwyder en hulle uit Vrymesselary sal roep (2Jh.8-9 & Jer.51:45)

Inligting: http://www.prayer-alert.net/info/freemasoninsight.pdf1