INSIG ARTIKEL: Christelike minderhede in Irak

Meer as twaalf bomme het Bagdad Dinsdagaand getref en 36 mense gedood en 320 ander gewond in gekoördineerde ontploffings twee dae nadat Al-Kaïda-verwante gewapende mans 'n kerk bestorm het in een van die dodelikste aanvalle in 'n jaar. (sien item 1 hierbo). Bagdad-veiligheidsbeamptes het 'n onmiddellike aandklokreël op die stad oorweeg. 'Ons weet nie wat nou gebeur nie. Daar is soveel ontploffings en berigte dat ons oorweldig is,' het 'n anonieme amptenaar van die ministerie van binnelandse sake gesê. Die bomaanvalle is vroegaand oor 'n tydperk van een uur onder koffiewinkels versprei. Byna agt maande nadat Irakezen na die stembus gegaan het, is daar steeds geen nuwe regering in plek nie. Baie sê hierdie politieke dooiepunt het die geweld aangevuur. In 2008 het die Chaldeër-aartsbiskop van Kirkuk, Luis Saca, die Irakse regering gevra om Irak se Christene te beskerm; vir INSIG om voorbidding vir Christene in Irak te help, klik op 'info'.

Bid: dat vervolgde en ontheemde Christene God se voorsiening en vertroosting sal ken en dat God 'n regverdige regering sal oprig. (Num.15:16)

Meer: http://www.prayer-alert.net/info/IraqChristiansNov1.pdf