Die Asië Evangeliese Alliansie het die Taliban se moord op tien hulpwerkers in Afghanistan veroordeel. Kyk: Die liggame van 'n Brit, ses Amerikaners, 'n Duitser en twee Afghaanse tolke is in die noorde van Afghanistan ontdek. Media het berig dat die hulpwerkers geassosieer is met die International Assistance Mission (IAM), 'n nie-winsgewende Christelike NRO wat sedert 1966 in Afghanistan werk. Die Taliban het verantwoordelikheid aanvaar vir die moorde en gesê dat die mediese werkers 'buitelandse spioene' was en besig was om Christenskap te versprei. Uitvoerende Direkteur van IAM het gepraat van die 'sinlose doodmaak van mense wat niks anders gedoen het as om die armes te dien'. Hierdie week se INSIG-ARTIKEL kom van 'n Christelike NRO in Afghanistan.
Bid: vir beskerming van humanitêre werkers in Afghanistan en ander lande onder Taliban-invloed. (Det.5:32-33)
Inligting: http://www.prayer-alert.net/info/Afghanistanconcerns2.pdf