Indonesië: sluiting van 17 kerke

Die verkiesing van Zaini Abdullah, 'n geharde Islamitiese goewerneur van die militante Aceh-party in Indonesië se Aceh-provinsie, het die weg gebaan vir 'n onderdrukking van die Christen-minderheidsgemeenskap. Sewentien kerke is vroeg in Mei gesluit. Aangemoedig deur die verkiesingsuitslag het honderde Islamiete geëis dat kerkgeboue in die gebied nie net verseël word nie, maar ook gesloop word. Christelike leiers het gesê dat aansoeke om kerkpermitte gereeld uitgestel of geweier word en die verseëlingseise is gebaseer op 'n debatteerbare ooreenkoms wat Christene gedwing is om in 2001 te onderteken, wat slegs een kerk en vier kapelle in die regentskap vereis het. Die getal het tot 22 gegroei. Van die 17 kerke wat gesluit is, behoort 11 aan die Protestantse Christelike Kerk van Pakpak Dairi. Die gepeupel het die sloping van kerkgeboue geëis en 'n waarnemende regent het tot die eis ingestem met die polisiehoof wat hom ondersteun het en gesê die tyd vir dialoog is verby.

Bid: dat God Sy Kerk sal bou en 'n magdom Christelike gemeenskappe in Aceh-provinsie tot volwassenheid sal bring. (Ps.119:86)

Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/indonesia/article_1541045.html