Indonesië: Kerkleiers aangeval

Die Sondagoggend aanval op ds Luspida Simandjunktak en kerkouderling Hasean Lumbantoruan Sihombing het eersgenoemde met harsingskudding gelaat en laasgenoemde met 'n meswond aan die lewer. Volgens ooggetuieverslae het 'n bende van sowat sewe wat op motorfietse gery het, die twee kerkleiers in 'n lokval gelei. Nadat hulle Sihombing gesteek en Simandjunktak met 'n houtplank op die kop geslaan het, het die aanvallers van die toneel gevlug. Beide kerkleiers is toe na die Mitra Keluarga-hospitaal in Oos-Bekasi gehaas vir behandeling. Ná die aanval het Indonesië se president, Susilo Bambang Yudhoyono, onmiddellik ’n beroep op owerhede gedoen om die verantwoordelikes te ondersoek en verantwoordelik te hou. Yudhoyono is wyd in die media gekritiseer omdat hy nie daarin geslaag het om Islamitiese hardlyers toe te slaan nie, wat onmiddellik daarvan verdink is dat hulle Sondag se aanvalle uitgevoer het. Terwyl die meeste mense in Indonesië 'n matige vorm van Islam beoefen en geweld verafsku, het aanvalle op godsdiensvryheid deur hardlyers geleidelik toegeneem.

Bid: vir God se beskerming rondom Sy mense en dat die regering sukses sal hê oor hardlyers. (Ps.32:7)

Meer: http://www.christianpost.com/article/20100913/2-indonesian-christians-beaten-on-way-to-prayer-meeting/index.html