'n Selfmoordbomaanvaller het Sondag 'n kerk vol honderde aanbidders in Solo, Sentraal-Java, Indonesië, aangeval, homself om die lewe gebring en minstens 20 ander mense gewond. Die kerk is een van Saddleback Church Pastoor Rick Warren se susterkerke en die pastoor het 'n kennisgewing op sy Facebook-bladsy geplaas wat lui: 'Purpose Driven Network Alert - Ons susterkerk in Solo City, Indonesië, Bethel Full Gospel Church, is pas gebombardeer.' ’n Moslem-selfmoordbomaanvaller wie se identiteit nie bekend gemaak is nie, was verantwoordelik vir die aanval. Die webwerf sê ook sommige nuusberigte dui daarop dat 27 mense in die ontploffing beseer is - een kritiek. Ander stel die getal so hoog as 30 mense. Indonesië se president het die aanval 'terrorisme' genoem. Die stad Solo is ook die radikale Moslem-geestelike Abu Bakar Bashir se tuisdorp. Bashir word beskou as die geestelike leier vir die groep wat in 2002 meer as 200 mense in Bali vermoor het, volgens mediaberigte.
Bid: vir geestelike, fisiese en emosionele beskerming vir die miljoene Indonesiese Christene. (Mal.4:2)