Indonesië: Christelike dorpies in die hart van drievoudige ramp

Hoofsaaklik Christelike eilande is die kern van die drievoudige ramp van aardbewing, tsoenami en vulkaniese uitbarsting wat hierdie week honderde en duisende verplaas het in Indonesië. ’n Ondersese aardbewing van 7,7 het Maandagaand die drie meter hoë tsoenami veroorsaak wat die Mentawai-eilande, aan die kus van Wes-Sumatra, getref het. Die volgende dag het berg Merapi op die eiland Java uitgebars en wolke as en strale brandende gas uitgespoeg. Die gesamentlike dodetal het 300 oorskry met meer as 400 vermistes en tienduisende wat ontheem is toe huise vernietig is.

Bid: dat die hulpagentskappe en owerhede in staat gestel sal word om spoedige verligting te bring aan diegene in desperate nood.

Meer: http://barnabasfund.org/UK/News/Latest-emergencies/Christian-villages-at-heart-of-Indonesias-triple-disaster.html