Indonesië: Woedende Moslems val kerke aan

Meer as 1 000 Moslem-betogers het 'n hofgebou bestorm en twee kerke in Sentraal-Java afgebrand nadat 'n Christenman tot vyf jaar tronkstraf gevonnis is vir die verspreiding van pamflette wat beskou word as beledigend vir Islam. Indonesiese polisie het gesê die skare beskou die vonnis as te sag en eis die doodstraf. Die geweld het na omliggende woonbuurte versprei waar twee kerke aan die brand gesteek en 'n derde beskadig is. 'n Liggaam wat die Amerikaanse regering adviseer oor godsdiensvryheid het gesê Indonesië moet optree teen 'ekstremistiese' aanvalle, en moet meer onverdraagsaam wees teenoor ekstremistiese groepe. Indonesië het die wêreld se grootste Moslembevolking, maar dit is tans 'n sekulêre nasie. Internasionale waarnemers sê meer geharde randgroepe het die afgelope paar jaar godsdiensminderhede geteister. Die Indonesiese president is gekritiseer omdat hy nie genoeg gedoen het om die regte van alle burgers te beskerm nie.

Bid: dat God die Indonesiese regering sal lei tot aksies wat haatmisdade sal beëindig en 'n 2008-besluit sal herroep wat bose aanvalle aanmoedig. (Ps.109:30-31)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-asia-pacific-12393075