Print this page

Indië: Onlangse vervolgings

Chhattisgarh - Die polisie het drie Christene gearresteer omdat hulle 'mense gelok het om tot die Christendom te bekeer' deur hulle geld en 'valse hoop' aan te bied toe Hindoe-ekstremiste 'n klag teen hulle ingedien het. Karnataka – Hindoe-ekstremiste het die aanbiddingsvergadering van die Ebenezer Assembly of God Church ontwrig en pastoor Ravi George en 'n kerklid wat slegs as Ramu geïdentifiseer is, geslaan. Albei het hospitaalbehandeling vir ernstige kop- en handbeserings ontvang. Karnataka – Christene staar 'n sosiale boikot van sake- en kruidenierswinkels in die gesig, studente word verhinder om Christelike skole by te woon en die eerwaarde Philip Rock van die St. Sebastian-kerk is daarvan aangekla dat hy disharmonie veroorsaak het nadat Christene geweier het om Hindoe-rituele te volg. Nieu-Delhi - Hindoe-ekstremiste het Pastoor Isaac Laal aangeval toe hy teruggekeer het van 'n Sondagdiens. Die Evangelical Fellowship of India het berig dat gewapende ekstremiste hom na 'n Munisipale Korporasie-saal geneem het, hom van gewelddadige bekering beskuldig en hom ernstig geslaan het.

Bid: vir hierdie en die honderde ander Christene wat vervolg word vir hul geloof in Indië. (Ps.18:6)

Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/india/24929/