Indië: Onlangse voorvalle van vervolging

'n Hindoe-ekstremis in Adigar, Phulbani, Kandhamal-distrik, het op 25 Januarie 'n pastoor se hut aangeval en sy gesin geteister, volgens die Global Council of Indian Christians (GCIC). Jaleshwar Pradhan het klippe na die huis van pastoor Patiba Mohan Kota gegooi terwyl hy weg was, sy vrou verbaal mishandel en sy dogters gestamp en geskree: 'Julle Christene moet nie hier woon nie, dit is nie julle grond nie. Die laaste keer dat julle huise net beskadig is, hierdie keer sal julle almal hier begrawe word.' Alhoewel skade aan die huis minimaal was, was die pastoor en sy gesin in vrees aangesien Hindoe-ekstremiste hom voorheen gemartel het en gedeeltelike sig- en gehoorverlies veroorsaak het. Die pastoor was onder diegene wie se huise vernietig is tydens anti-Christelike geweld in 2008. Pradhan is onder verskeie afdelings van die Indiese Strafkode geboek.

Bid: teen etniese vyandigheid in en om Orissa. (Ps.109:28)

Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/india/article_1377575.html