Ses onlangs gedoopte Christene is in die noorde van Orissa-staat gearresteer nadat Hindoe-aktiviste hulle daarvan beskuldig het dat hulle 'onwettig' tot die Christendom bekeer het. Die ses etniese minderheid Christene, wat onlangs by Good Shepherd Ministries in Mayurbhanj distrik aangesluit het, het in die hof verskyn, maar is op borgtog vrygelaat, volgens Release vennoot All India Christian Council (AICC). Hul pastoor, Mannuel Mahapatra, is ook gearresteer en van dwangbekering beskuldig. Hindoe-ekstremiste maak gereeld beskuldigings van gedwonge bekering by pastore – maar bewerings teen diegene wat tot bekering kom, is minder algemeen. Die staat Orissa het wetgewing teen bekering geïmplementeer en sy Wet op Godsdiensvryheid verbied godsdienstige bekerings sonder die vooraf toestemming van die plaaslike polisie en 'n distrikslanddros. In die staat Karnataka is nege lede van die New India Church of God in Mysore verlede Sondag in hegtenis geneem nadat Hindoe-ekstremiste die kerk bestorm het. Aanvalle op individuele Christene in Karnataka duur ook voort. Vier Christene is geslaan en aangekla van 'verregaande godsdienstige gevoelens' nadat hulle pamflette versprei het.
Bid: vir die Kerk in Orissa en die nuwe gelowiges dat God hulle sal bemagtig en beskerm teen die hand van die vyand. (Spr.2:8)