Hindoe-nasionaliste het op 27 Mei 'n pastoor valslik beskuldig van gedwonge bekering in Karnataka nadat hulle 'n erediens ontwrig het. Die Global Council of Indian Christians het berig dat die Hindoes ook die Christene gewaarsku het om nie in die gebied te aanbid nie. Ekstremiste van Rashtriya Swayamsevak Sangh het by die gehuurde huis van pastoor Barmanagowda ingevaar terwyl hy 'n huiskerkdiens gelei het wat aan die Karnataka Evangeliese Vereniging verbonde was. Die ekstremiste het die pastoor na die polisiestasie gedwing en 'n klag van beweerde gedwonge bekerings ingedien. Hulle het hom gewaarsku teen die hou van eredienste in die dorp en het hom aangesê om sy huis te ontruim en die area te verlaat. Op 23 Mei in Andhra Pradesh het Hindoe-ekstremiste van die Rashtriya Swayamsevak Sangh 'n kerkgebou beskadig en 'n afgod van die Hindoe-god Hanuman daarin geïnstalleer. (Daar word geglo dat hierdie godheid moed, hoop, kennis, intellek en toewyding gee).
Bid: dat God die vervolgde kerk in Indië krag, hoop en wysheid sal gee terwyl hulle voortgaan om in Sy Naam bymekaar te kom. (Ps: 25:1-2)
Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/india/21035/