Print this page

Indië: Ekstremiste kap Katoliek se hand af

Vermeende Islamitiese militante het 'n Katolieke professor se hand in Kerala afgekap omdat hulle na bewering Islam in 'n eksamenvraestel beledig het. Professor TJ Joseph is op 4 Julie aangeval terwyl hy van Sondagmis saam met sy ma en suster, 'n Katolieke non, huis toe teruggekeer het. Kochi se inspekteur-generaal van die polisie, B. Sandya, het aan ucanews.com gesê 'n Islamitiese ekstremistiese groep word van die misdaad verdink en het vier mense in hegtenis geneem en 'n voertuig geskut. Sy sê die aanvallers het die voertuig gebruik om Joseph se motor te blokkeer voordat hulle die professor uit sy voertuig gesleep en sy regterhand afgekap het. Die aanvallers het toe die hand weggegooi voordat hulle gevlug het. Die kerkbestuurde Newman College in Thodupuzha het Joseph, sy Malayalam-professor, op 25 Maart geskors omdat hy na bewering 'n vraestel met beledigende verwysings na die profeet Mohammed voorberei het.

Bid: teen die boosheid wat die harte en gedagtes vul van diegene wat sulke misdade pleeg. (Fil.3:2)

Meer: http://www.cathnewsindia.com/2010/07/06/muslim-extremists-chop-off-catholic%E2%80%99s-hand/