Indië se ekonomie floreer met meer miljoenêrs per vierkante myl as enige ander plek op aarde, die groot en jeugdige bevolking van byna 1,2 miljard sal China s'n verbysteek teen ongeveer 2050. Maar honderde miljoene leef steeds in erge armoede in landelike gebiede - meer as 830 miljoen leef op minder as 'n halwe Amerikaanse dollar per dag. Indië het meer gevalle van wanvoeding as die hele Afrika suid van die Sahara en die gebiede wat die ergste geraak word is Sentraal- en Oos-Indië waar baie Christene onder die laer kaste woon. Ontwikkeling het gekom, maar het min gedoen vir landelike Indiërs. Mynmaatskappye het mense van hul grond weggewys met min in die pad van vergoeding. ’n Burgerregte-werker vrees vir die toekoms van die nasie as die skeiding tussen sy ryk en arm aanhou groei. "Mense is uitgelaat, heeltemal gemarginaliseer en gaan dit nie meer lêend vat nie, as beleid nie verander word nie, sal die situasie handuit ruk."
Bid: dat God se wette regeringsbesluite sal inspireer sodat onderdrukking verwyder word. (Jak. 1:27)
Meer: http://news.bbc.co.uk/today/hi/today/newsid_9166000/9166402.stm