Print this page

Indië: Aanval op herlewingsvergadering stuur Christene ondergronds

Terwyl die polisie toekyk, het militante 'n kerk in sentraal-Indië aangeval op die tweede dag van 'n herlewingsvergadering vroeër hierdie maand by die Indian Christian Assembly of God Church in Rajnandgaon, wat ernstige beserings aan sommige lede veroorsaak het en die pastoor laat wegkruip het. Die herlewingsvergadering het 'n gradeplegtigheid van 14 studente ingesluit wat 'n kort Bybelopleidingsprogram bygewoon het. Ongeveer 300 Christene het bymekaargekom om die seremonie te aanskou en die herlewingsbyeenkoms by te woon. Die deelnemers het gekom van die buurstate Maharashtra, Wes-Bengale, Orissa en Madhya Pradesh. "Alles het goed gegaan op die eerste dag van die vergadering tot die middag van die tweede dag," het 'n getuie aan World Watch Monitor gesê. Die getuie het gevra om nie genoem te word nie om moontlike vergelding van die aanvaller te vermy.

Bid: Mag God teen die toenemende geweld teen Christene in baie dele van Indië opstaan en sy vyande verstrooi word. (Ps.10:12)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/india.attack.on.revival.meeting.sends.christians.underground/31705.htm