Die ontdekking van plofstof in een dorp dae voor 'n wrede aanval op 'n Christelike gemeenskap in 'n ander dorp het vrese laat ontstaan vir 'n herhaling van die grootskaalse anti-Christelike geweld in die deelstaat Orissa, Indië. ’n Kerkleier en die 12 gesinne in sy gemeente is op 15 Junie in die dorpie Mitrapur deur Hindoe-ekstremiste aangeval. Evangelis Baidhar (50) was besig om op pad huis toe te gaan van 'n biduur in 'n gelowige se huis toe hy op hom aangeval is. Hy is ernstig beseer en het bloeiend op die grond gelaat. Hy is kort daarna deur plaaslike Christene gevind wat hom hospitaal toe geneem het. Sowat 50 Hindoes het toe die Christelike gemeenskap in die dorpie aangeval. Die aanvallers het die huise van die 12 gesinne geplunder. Die Christene het uit die dorp gevlug. 'n Paar dae voor hierdie voorval, op 10 Junie, het die polisie beslag gelê op meer as 50 tuisgemaakte bomme en 12 blokke dinamiet uit 'n hut in Gambhari-dorpie, Puri-distrik. Die oortreders het gevlug en die plofstof is na die polisiestasie geneem om ontlont te word.
Bid: teen enige herhaling van ekstremistiese aktiwiteite in die staat Orissa. (Ps.5:11)