Spanning het hoog gebly op Woensdag, 15 September, in verskeie dele van Indië waar berigte van die verbranding van die Koran in die Verenigde State tot dodelike aanvalle teen Christelike instellings gelei het. In die dorpie Tangmarg, in Indië se Kasjmir-streek, is minstens 14 mense die naweek dood en talle beseer toe duisende woedende Moslems die strate ingevaar en 'n Christelike skool aan die brand gesteek het. "Die studente het nie seergekry nie, maar die gebou het heeltemal afgebrand," het biskop Pradeep Kumar Samantaroy van die Kerk van Noord-Indië gesê. Hy het gesê amptenare is ingelig oor 'n moontlike aanval en dat Christene beskerming versoek het, maar dat 'geen stappe gedoen is nie'. Die betogings is aangevuur deur berigte dat alhoewel 'n pastoor van Florida sy planne om die Koran te verbrand, afgelas het, Iran se staatsbeheerde TV, wat wyd beskikbaar is in Indië, beeldmateriaal gewys het van 'n ander man wat 'n Koran in Tennessee vernietig. (Sien ook Gebedswaarskuwing 3710)
Bid: dat enige verdere optrede wat die Kerk in oneer sou bring en verontwaardiging sou veroorsaak by die bron gestop sal word. (2Pet.2:1-2)
Meer: http://www.bosnewslife.com/13830-14-killed-as-anti-christian-violence-spreads-in-india