Honderde sterf in die Filippynse tifoon

Meer as 320 mense is in die suide van Filippyne dood nadat tifoon Bopha oor die suide van die land getrek het. Die totale aantal sterftes, wat Dinsdag op sowat 90 gestaan het, het opgeskiet toe redders Woensdag afgeleë bergdorpies bereik het wat deur vloede en grondverskuiwings afgesny is. ’n Woordvoerder van die regering, Fe Maestre, het aan die Associated Press-nuusagentskap gesê dat minstens 151 mense in die provinsie Compostela-vallei wat die ergste getref is, gesterf het. Dit het 66 dorpenaars en soldate ingesluit wat gesterf het in 'n kitsvloed wat twee noodstormskuilings en 'n militêre kamp oorval het toe Bopha die vorige dag New Bataan-dorp verwoes het. Maestre het gesê 'n ongespesifiseerde aantal dorpenaars word in New Bataan vermis. Bopha het Dinsdag oor die eiland Mindanao gevee en huise met rukwinde van 210 km per uur vernietig voordat hy na die Suid-Chinese See gegaan het.

Bid: vir die mense van die Filippyne, vir diegene wat swaarkry en verligting nodig het. (Klaagl.3:56)

Meer: http://www.aljazeera.com/news/asia-pacific/2012/12/201212553732512410.htmlChibok