'n Menseregtegroep in Honduras sê 'n prominente prokureur wat boere in geskille met groot grondeienaars verteenwoordig het, is vermoor. Antonio Trejo is deur onbekende gewapende mans doodgeskiet nadat hy buite die kerk, waar hy 'n troue bygewoon het, gestap het om 'n telefoonoproep te beantwoord. Mnr Trejo het grondregtegroepe in die Bajo Aguan, 'n vrugbare palmolie-produserende streek, verteenwoordig. Tientalle mense is die afgelope jare in grondkonflikte daar dood. ’n Verklaring deur die Boerebeweging van die Vallei van Bajo Aguan, bekend onder sy Spaanse akroniem, Marca, sê hy is vyf keer buite ’n kerk in Tocontin, in die buitewyke van die hoofstad, Tegucigalpa, geskiet. Hy is na 'n nabygeleë hospitaal geneem, maar het aan sy wonde beswyk. Menseregtegroepe het 'n beroep op die Sentraal-Amerikaanse regering gedoen om die dood van dosyne kleinboere en kampvegters in die Bajo Aguan-gebied, in Honduras se noordelike Kolon-departement, te ondersoek.
Bid: vir almal wat hul dienste aan die kleinboere bied in hul stryd teen hebsug en korrupsie. (1 Joh.3:12)
Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-latin-america-19695587