Print this page

Honduras: Moord op pastore – Evangelicals kwesbaar

Christene in die evangeliese kerk in Honduras vrees dat hulle doelbewus geteiken word ná die moord op verskeie pastore die afgelope maande. Pastoor Carlos Roberto Marroquín, die stigtersleraar van die Pinksterkerk van God en 'n prominente figuur in ander Christelike organisasies is verlede week geskiet terwyl hy met sy honde naby sy huis geloop het. Die polisie behandel die pastoor as 'n slagoffer van roof. Sommige in die kerk vrees dat hy doelbewus geteiken is as deel van 'n wyer aanval op die werk van die kerk. 'n Pastoor van Harvest Ministry het die owerhede gebel om 'n volledige ondersoek te loods en gesê: 'Daar is reeds ses pastore wat die afgelope maande in Honduras gesterf het. Daar moet 'n projek wees, die owerhede moet ondersoek instel wie agter alles sit.'

Bid: dat God 'n afdak van beskerming oor Sy evangeliste in Honduras sal voorsien. (Mark, 16:20)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/murder.of.pastors.leaves.evangelicals.in.honduras.feeling.vulnerable/27589.htm