’n Federale hof het Hawaii se definisie van die huwelik as ’n verbintenis tussen een man en een vrou gehandhaaf. Die hof het 'n regsgeding verwerp wat probeer het om die staat se wet wat huwelik definieer as die verbintenis van een man en een vrou af te breek en Hawaii se grondwetlike wysiging wat die wetgewer die mag gee om die tydlose definisie te handhaaf. Alliance Defending Freedom (ADF)-prokureurs het die wet en die wysiging verdedig namens Hawaii Family Forum, wat die hof toegelaat het om in April in die saak in te gryp. "Hierdie uitspraak bevestig dat die beskerming en versterking van die huwelik as die verbintenis van een man en een vrou wettig, redelik en goed vir die samelewing is," sê ADF-regsadviseur Dale Schowengerdt. "Die mense van Hawaii het 'n grondwetlike wysiging aangeneem om die huwelik te handhaaf en die hof het tereg tot die gevolgtrekking gekom dat die demokratiese proses nie deur 'n geregtelike bevel kortgesluit moet word nie."
Bid: dat die Hawaii-regering sal voortgaan om die huidige definisie van die huwelik te verdedig. (Ps.74:22)
Meer: http://www.charismanews.com/us/33936-federal-court-rules-on-traditional-marriage-in-hawaii