Haïti: Cholera versprei

Byna die helfte van Port-au-Prince se drie miljoen inwoners woon sedert die aardbewing van 12 Januarie in tente, en minstens 115 gevalle van cholera, insluitend die dood van een persoon, is in Haïti se hoofstad geregistreer, die belangrikste waarskuwingsteken nog dat die epidemie van afgeleë gebiede versprei het om honderdduisende mense in die stad se kampe te bedreig. Monsters van pasiënte in Port-au-Prince word in 'n laboratorium getoets om die teenwoordigheid van bakterieë te bevestig, wat minstens 583 mense in Haïti doodgemaak het. As dit bevestig word, kan die bakterieë na raming 2,5 tot 3 miljoen inwoners in gevaar stel.

Bid: dat hospitaalpersoneel en gesondheidswerkers in staat gestel en versterk sal word terwyl hulle werk om die verspreiding van die siekte te bekamp. (Ps.28:2)

Meer: http://english.aljazeera.net/news/americas/2010/11/2010118225019323724.html