Die woord Islam beteken 'onderdanigheid aan die wil van Allah'. Allah is die God van Islam. Lede van Islam word Moslems genoem wat beteken "diegene wat hulle onderwerp". Die doel van die Ramadan-seisoen is om Moslems van hul normale lewenstyl weg te neem en hulle hul lewe te laat herondersoek in die konteks van 'n hoër ideaal. As jy byvoorbeeld honger ervaar, maak jy meer bewus van die armes. Tydens Ramadan kyk Moslems regoor die wêreld na Mekka, die heiligste stad in Islam om vyf keer per dag te bid. Vra vandag, en dwarsdeur Ramadan gedurende jou tyd van gebed dat God se gees op al hierdie mense sal neerdaal. Gedurende hierdie seisoen van Ramadan, terwyl Moslems die waarheid soek, bid dat hulle die Ware God sal ken. Bid ook vir Christene wat in Saoedi-Arabië en ander geslote lande woon om die wese van God in hul spraak, dade en gedagtes te beliggaam, sodat Hy aan almal geopenbaar kan word. Vir 'n Ramadan gebedskalender gaan na: http://www.prayirannow.com/calendar/ramadan.html
Bid: dat soekers deur die Alfa en die Omega van geloof gevind sal word. (Op.1:8a)