Wêreldwyd: Ramadan 2012

'n Ruk gelede het Bill Bright van Campus Crusade for Christ geskryf. 'Ons ervaar 'n wonderlike verskynsel. Moslems het drome en visioene wat die werklikheid van Christus bevestig'. Die maand van Ramadan strek van 20 Julie tot 18 Augustus en volgelinge vas van kos en water gedurende dagligure en glo dat dit 'n heilige geleentheid is om nader aan God te kom deur gehoorsaamheidsreëls. Baie moskees het verlengde gebedstye. Soekers roep tot God vir openbaring, en terselfdertyd bid baie Christene dat Moslems Jesus sal ontmoet. Berigte neem toe van Moslems wat hulle tot die Christendom bekeer het deur drome tydens Ramadan en op ander tye. 'n Opname onder 600 voormalige Moslem-gelowiges het getoon 42% van Afrikane het na Christus toe gekom deur visioene, drome, engele se verskynings en deur God se stem te hoor. Een-vierde van die wêreld se Moslem-bevolking woon in die Maldive, Pakistan, Bangladesj, Indië, Sri Lanka en Nepal. (457 miljoen) Klik op die meer-knoppie vir bemoedigende verhale van Moslems wat bonatuurlike ontmoetings met Jesus Christus ervaar.

Bid: vir drome en visioene van Jesus Christus, vir Moslems om geleenthede te kry om Christelike uitsendings te hoor, toegang tot Christelike webwerwe te kry en in hierdie tyd met Christene in aanraking te kom. (Hand.2:14-21)

Meer: http://www.amightywind.com/fastfood/dreams/040723muslimdreams.htm