Vervolging, geweld en oorlog het 43 miljoen mense wêreldwyd verplaas. Dink aan hoe jou wêreld sou verander as jy gedwing word om jou huis en besittings met min of geen kennisgewing te verlaat en iewers te verhuis waar jy niemand ken nie. Boonop het jy geen idee waar jou volgende ete vandaan kom nie. 'n Vlugteling is buite hul gewone verblyf omdat hulle vervolging en/of onderdrukking gely het (of vrees) weens ras, godsdiens, nasionaliteit, politieke opinie, of omdat hulle 'n vervolgde 'sosiale groep' is of hulle vlug van natuurrampe. Hulle is 'n 'asielsoeker' totdat dit erken word deur die staat waar hulle 'n eis maak. In Jesaja het God vir Sy kinders gesê om skuiling te bied aan Moabiete ('n mensegroep teen die Israeliete dikwels geveg het) Die afgelope Sondag het ons Wêreld Vlugtelinge Sondag gehou! Laat ons nie ophou bid vir hierdie 'vergete' mense van die wêreld nie. Bid dat ons die woorde van Jesaja 16:4 sal gehoorsaam en skuiling sal gee aan diegene wat ons vyande was.
Bid: en roep tot God om genadig te wees oor die miljoene vlugtelinge, en vra Hom om vir hulle 'n toekoms te gee en om die planne van die vyand vir hul lewens te verydel. (Jer.29:11)
Meer: http://iafr.org/