Pakistan: Strafwet verbied godslastering teen enige erkende godsdiens, met strawwe wat wissel van 'n boete tot die dood. In die praktyk word dit net op Islam toegepas, oproepe vir verandering in die godslasterwette is sterk teengestaan deur Islamitiese partye. Die voormalige goewerneur van Punjab en die Federale Minister vir Minderhede is in 2011 vermoor vir hul teenkanting teen die godslasterwette. Iran: Pastoor Nadarkhani sit ter dood veroordeel omdat hy geweier het om sy Christelike geloof te herroep. Die groeiende Iranse Kerk word voortdurend geteister, aangeval en gevange geneem. Nigerië: 1 000+ is dood in godsdienstige en etniese geweld in Jos oor die afgelope twee jaar tussen die hoofsaaklik Moslem-noorde en Christelike suide. Mianmar: Christene moet in die geheim ontmoet, en onlangs het vervolging toegeneem. Suid-Soedan: Die Soedanese weermag, met die steun van 'n regering-gesteunde burgermag, voer 'n volksmoordveldtog in Suid-Kordofan voort, wat die inheemse Christen Nuba-volke teiken omdat hulle 'vyande van Islam' is.
Bid: dat God Christene wat in die kruisvuur van godsdiensdiskriminasie vasgevang is, sal vertroos en beskerm, en dat gelowiges bemoedig sal word terwyl hulle God se Koninkryk in 2012 bevorder, selfs wanneer dit hulle alles kos. (2Thess.3:3)
Meer: http://members.opendoorsusa.org/site/MessageViewer?em_id=55401.0&dlv_id=77421