'Staan op, vegters van God! Geopende Deure nooi jou uit om jou posisie in te neem en vir Noord-Korea te bid en vas.' Geopende Deure doen 'n beroep op alle Gelowiges om op 15 April saam te kom in gebed en vas vir Noord-Korea. Wyle Kim Jong-Il het die aflosstokkie van leierskap aan sy seun, Kim Jong-Un oorgedra voordat hy gesterf het, en baie sien hierdie jaar as 'n geleentheid om die duisternis daar deur te dring, met die lig van die Evangelie van Jesus. Hoewel dit nog nie duidelik is watter soort leier die nog redelik jong Jong-Un gaan wees nie, is dit moontlik dat hy meer toeganklik is as sy pa. Kim Jong-Un het 'n land geërf waar tussen twee en drie miljoen mense van honger gesterf het en honderdduisende gevangenes in arbeidskampe hou, insluitend baie Christene. Vir meer inligting volg die bronskakel.
Bid: dat ons gebede 'n deurbraak sal bring en die lig die duisternis sal binnedring. (2Sam.22:29)
Meer: http://www.breakingchristiannews.com/articles/display_art.html?ID=9942