Gaza: Oorlog 'slegs 'n kwessie van tyd'

'n Senior Israeliese weermagoffisier het aan die BBC gesê solank Hamas in beheer van die Gazastrook bly, is nog 'n oorlog 'net 'n kwessie van tyd'. Hy het gesê die Palestynse Islamitiese groep het sedert die Israeliese offensief twee jaar gelede soveel herbewapen dat dit nou militêr in 'n sterker posisie is. Daar was die afgelope week 'n toename in vuurpylvuur wat uit Gaza gekom het. Vroeër het Israeliese verdedigingsbeamptes gesê tenks toegerus met 'n nuwe missielverdedigingstelsel sal naby Gasa ontplooi word. Die VN het die afvuur van 'onoordeelkundige' vuurpyl- en mortieraanvalle deur militante in Gasa die afgelope weke veroordeel. Die Palestynse onderhandelaar Saeb Erekat het ook gewaarsku dat spanning in die streek eskaleer, en dat enige Israeliese aanval op Gasa net tot verdere bloedvergieting sal lei. "Militêre oplossings soos hierdie sal niks bereik nie en sal net die situasie bemoeilik," het mnr Erekat gesê.

Bid: vir 'n spoedige oplossing vir die Gasa-situasie en teen enige nuwe konflik. (Spr.6:4)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-middle-east-12064775