Die ekonomie verbeter in die Gaza-strook, maar baie gesinne is vasgevang in 'n siklus van armoede en hopeloosheid. Missielaanvalle wat deur Hamas teen Israel uitgevoer is, gaan ook voort om hierdie gebied te teister – met Israel wat weerwraak het en skade aan geboue en lewens veroorsaak. Vervolging deur radikale Moslems is 'n groot uitdaging vir Christene wat 'n minderheid van die bevolking is, maar Christelike humanitêre hulpwerkers rapporteer, 'die Here beweeg in die Gazastrook. Die geweldige behoefte bring 'n groot openheid vir die Evangelie.' Meer as 90% van die inwoners in die Wesoewer is Arabiere en meestal Moslems. Die persentasie Christene is baie klein en hulle word ook vervolg vir hul geloof. Volgens Operation World het die aantal evangeliste egter in die duisende gegroei. Hulle volhard en bid vir 'n groot oes van siele ten spyte van Islamitiese intimidasie.'
Bid: vir vrede en eenheid tussen Palestynse Christene en Messiaanse Jode, en vir diegene wat deur Islam mislei is sodat hulle nie die geleentheid sal hê om die Evangelie te hoor en daarop te reageer nie. (Ps.133:1-2; 2Kor.4:4)
Meer: http://win1040.com/page.php?id=541