Twee Amerikaanse stappers wat langer as twee jaar in Iran gevange gehou is, is Saterdag tot agt jaar gevonnis op aanklag van onwettige betreding en spioenasie. Hulle het gehoop dat die owerhede hulle sou bevry tydens die Islamitiese maand Ramadan, wanneer kwytskelding dikwels gegee word. Hul families het by die owerhede in Iran gepleit om deernis te toon en hulle toe te laat om terug te keer huis toe. Albei mans het skuld ontken op die aanklagte. Hul prokureur, Masoud Shafiei, het gesê hy sal teen uitspraak appelleer. Josh Fattal, Shane Bauer en Sarah Shroud is in 2009 gearresteer toe hulle per ongeluk Iran binnegekom het terwyl hulle in die noorde van Irak gestap het. Shroud is in September 2010 op borgtog van $500 000 vrygelaat, maar Iranse owerhede het geweier om haar twee metgeselle vry te laat. Die Iranse hoofaanklaer, Jafari Dowlatabadi, het gesê Shroud se saak "is nog oop en [sy] sal in absentia verhoor word." Hillary Clinton, minister van buitelandse sake, het gesê sy is 'diep teleurgesteld' met die vonnis.
Bid: vir 'n verandering van hart deur die Iranse owerhede en hulle sal Josh en Shane vrylaat. (Hand.5:19)
Meer: http://www.evangelicalnews.org/indiv_pr.php?pr_id=20204