President van die Europese Raad wys na Christus

Nie baie mense sal die Europese Unie as 'Christelik' sien nie, maar Jeff Fountain, voormalige direkteur van YWAM Europe en tans aan die hoof van die Schuman-sentrum vir Europese Studies in Nederland, wys op die Christelike oortuiging van die Europese Unie se stigtersvader Robert Schuman: 'Ons word geroep om onsself te bedink oor die Christelike basiese beginsels van Europa deur 'n demokratiese model van regering te vorm wat deur versoening ontwikkel tot 'n 'gemeenskap van mense' in vryheid, gelykheid, solidariteit vrede wat diep gewortel is in Christelike basiese waardes.' (Robert Schuman, 1958) Alhoewel die oorweldigende neiging in Europa een van sekularisasie was, wat in die algemene strekking van EU-beleidmaking weerspieël is, het Christene sleutelrolle in die EU vervul en hul invloed uitgeoefen waar moontlik. Die huidige president van die Europese Raad, die Belg Herman van Rompuy, is 'n toegewyde Christen. By die jaarlikse gebedsontbyt van die Europese Parlement 'n paar weke gelede het hy openlik oor sy Christelike geloof gepraat.

Prys: God vir alle Christene in gesagsposisies wat geleenthede het om hul geloof te deel. (Heb.13:16)

Meer: http://joelnews.org/#6cc/custom_plain