Sewentig betogers van The British Orthodox Church, CSW, Church in Chains Ireland, Human Rights Concern Eritrea, Release International en Open Doors het geprotesteer teen die vervolging van minderheidsgelowiges in Eritrea. (Sien Gebedswaarskuwing 2310). Die waak was die agtste jaar van die sluiting van minderheidkerke in Eritrea en die teistering van Christene uit ander denominasies. Die Metropolitan van Glastonbury, die Anglikaanse biskop van Woolwich, en dr Berhane Asmelash van Release Eritrea het 'n petisie aan die Eritrese ambassadeur voorgelê waarin hulle 'n beroep doen op 'n vinnige en positiewe optrede om die vrylating van gewete-gevangenes te verseker en volle godsdiensvryheid te verleen soos gewaarborg onder Eritrea se Grondwet '. Hierdie gebeurtenis vind jaarliks in Londen plaas, maar het tot op hede nog nie die vervolgings beëindig nie.
Bid: die Koninkryk van God om na Eritrea te kom en soos 'n veldbrand deur die verborge en gevestigde kerk te versprei. (Mt.6:10)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/vigil.held.for.eritreas.persecuted.believers/26060.html